Tuesday, 16 February 2016

Ek begin nou verstaan

Met die aanvang van die eerste Digitale Pedagogie klas, het my moed in my skoene gesak. Wat op dees aarde moet ek as nagraadse student met 'n "blog" doen en waar moet ek die tyd kry om sinnelose gebabbel met die internet te deel? Verder het ek (as Facebook-verslaafde) myself doelbewus vir so lank van Twitter weerhou. Waarom word ek as onderwysstudent dan nou in 'n sosiale media-lokval ingedwing?

Hierdie was die oningeligte vooroordele van iemand wat nie verstaan het dat sosiale media op meer as een manier gebruik kan word nie. Ek het Twitter met skinderstories geassosieer en ook gedink dat Blogger slegs deur huisvrouens gebruik word om resepte met mekaar te deel. Nes Mark Bauerlein was ek nie net skepties oor sosiale media nie, maar ook oor die gebruik van tegnologie in die klaskamer. As student moes ek vele male my gape wegsteek terwyl ‘n onentosiastiese onnie sinne van Power Point skyfies af lees. Nes Fyfer in die voorgeskrewe artikel verduidelik, was ek ook aanvanklik bang dat tegnologie en sosiale media veroorsaak dat onderrig vereenvoudig word tot aandagspunte en YouTube videos.

Nadat ek Fyfer se artikel gelees het besef ek egter dat tegnologie en sosiale media nie ten doel het om onderrig oor te neem nie, maar dat dit eerder onderrig wil verryk. Fisiese onderrig en tegnologiese toestelle vorm aparte hulpbronne wat saam werk om studente te stimuleer. Ek verstaan nou dat Sosiale media gebruik kan word om groot hoeveelhede inligting aan studente oor te dra. Dit skep ‘n platform waarop hulle enige tyd van die dag idees en inligting met mekaar kan deel. Onderrig en leer word nie meer net tot die klaskamer beperk nie, maar is enige plek en enige tyd van die dag moontlik. Studente word aangemoedig om hulle eie inligting te vind en hulle eie gevolgtrekkings oor hulle bevindinge te maak. Hulle word nie alleenlik gestimuleer deur ‘n onderwyser wat moontlike vooroordele het nie. Al die studente het die geleentheid om opinies te hĂȘ en hulle opinies met die res van hulle klasmaats te deel.


Fyfer het baie van my opinies en vooroordele rakende tegnologie en sosiale media verander. Voorheen het ek net moontlike probleme en hindernisse raakgesien, nou sien ek eerder geleenthede vir groei.

No comments:

Post a Comment